Paul Dirac | |
---|---|
Dirac, gefotografeer in 1933 | |
Gebore | Paul Adrien Maurice Dirac 8 Augustus 1902 Bristol, Engeland |
Sterf | 20 Oktober 1984 (op 82) Tallahassee, Florida, Verenigde State |
Nasionaliteit | Switsers (1902–19) Brits (1919–84) |
Alma mater |
|
Bekend vir | Lys
|
Eggenoot | Margit Wigner (2 Januarie 1937) |
Paul Adrien Maurice Dirac[1] (Engelse fonetiese uitspraak:|d|ɪ|ˈ|r|æ|k; 8 Augustus 1902 – 20 Oktober 1984) was 'n Engelse teoretiese fisikus wat beskou word as een van die belangrikste fisici van die 20ste eeu.[2]
Dirac het fundamentele bydrae gemaak tot die vroeë ontwikkeling van beide kwantummeganika en kwantum elektrodinamika. Van sy ontdekkings sluit die Dirac-vergelyking in, wat die gedrag van fermione beskryf, en die bestaan van antimaterie voorspel het. Dirac het die 1933 Nobelprys in Fisika met Erwin Schrödinger gedeel "vir die ontdekking van nuwe produktiewe vorme van atoomteorie".[3] Hy het ook beduidende bydrae gemaak tot die versoening van algemene relatiwiteit met kwantummeganika.
Dirac is deur sy vriende beskou as ongewoon in karakter. In 'n brief uit 1926 aan Paul Ehrenfest het Albert Einstein hom as volg oor Dirac uitgelaat, "Ek het probleme met Dirac. Hierdie balansering op die duiselingwekkende pad tussen genialiteit en waansin is aaklig." In 'n ander brief aangaande die Compton-effek het hy geskryf, "Ek verstaan Dirac geheel en al nie "[4]
Hy was die Lucasian Professor of Mathematics aan die Universiteit van Cambridge asook 'n lid van die Sentrum vir Teoretiese Studies aan die Universiteit van Miami. Hy het die laaste dekade van sy lewe spandeer aan die Florida-staat Universiteit.